Local news

Bekende kuierplek op Ermelo nou ’n leë dop

By navraag aan die munisipaliteit oor die vervanging van die kragkabels en meters, het die woordvoerder, Mandla Zwane, het geen kommentaar gelewer voor druktyd nie.

Die bekende kuierplek van vroeër, Upstairs, is nou ‘n spookgebou wat haweloses en verslaafdes huisves.

Die plek is destyds goed ondersteun, en soveel vriendskappe en verhoudings het hier onstaan.

Van die venue wat vir sy Nuwejaarspartytjies, lekker sokkies en karaokeaande bekendgestaan het, is daar nou skaars ‘n bewys dat dit voorheen bestaan het.

SIEN OOK – GALERY: Upstairs: toe en nou

Dele van die dak, drade, muurproppe en krane is uitgeruk en gesteel.

Op die oog af lyk die gebou ongerep, en die inwoners weet nie werklik wat daar aangaan nie.

Die infrastruktuur word bietjie vir bietjie gestroop en om elke donker hoek is dit duidelik dat die gebou dwelmverslaafdes huisves.

 

Related Articles

Back to top button