Sport
Ermeloërs neem deel aan weeklikse parkrun
Mense van alle ouderdomme het deelgeneem en hulself op die koue Ermelo-oggend uitgedaag.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2023/07/IMG_6315_68000.jpg)
Die Kralinbergh-parkrun het die koue naweek verhit.
Johan Victor het weer eerste in die mansafdeling met ’n tyd van 28:45 gekom, en Zelda Keyser was eerste in die damesafdeling met ’n tyd van 30:00.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2023/07/IMG_6305_17499.jpg)
Die volgende mense het hulle persoonlike tye verbeter:
- Nosipho Mjelo in die damesafdeling met ’n tyd van 32:10.
- Willem Hofman in die mansafdeling met ’n tyd van 33:21.
- Jannie de Waal in die mansafdeling met ’n tyd van 36:09.
- Yolandi de Waal in die damesafdeling met ’n tyd van 50:37.
Die parkrun word elke Saterdag vanaf 08:00 by Kralinbergh gehou. Onthou om op die webtuiste te registreer indien jy nie reeds het nie.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2023/07/IMG_6303_41034.jpg)