Local news

Ermelo-gesin leef in motorhuis na brand

Hulle kook water en kos op ’n oop vuur, aangesien daar tans geen elektrisiteit op die perseel is nie.

ERMELO – ‘n Gesin se lewe het op Vrydag 7 April handomkeer verander toe hulle huis in Autumn Ridge afgebrand het en hulle so te sê al hul huisinhoud verloor het.

Lynn Charlene Olivier sê sy was besig met wasgoed in die motorhuis.

“Die volgende oomblik het ek ‘n ontploffing in die huis gehoor.”

Olivier het uit die motorhuis gehardloop en die vlamme gesien.

Van die bure het potte en emmers vol water aangedra om die vuur onder beheer te probeer bring. Ander het met tuinslange ingespring om die brand te help bestry, het sy gesê.

Msukaligwa se brand- en reddingsdienste was glo binne vyf minute op die toneel.

GALERY: Ermelo gesin leef in motorhuis na huisbrand

Olivier sê hul buurman se dak het ook vlamgevat, maar dit het slegs geringe skade opgedoen.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Skenkings in die vorm van kussings, handdoeke, doeke vir die seuntjie sowel as asmamedikasies word aangevra.

Nommer nege mans- en nommer ses vroueskoene sowel as nommer nege skoene vir die seuntjie word dringend benodig.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Geen kommentaar is teen druktyd van Mandla Zwane, die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se woordvoerder, ontvang nie.

Skakel Olivier by 066 335 9817 of past. Themba Mavuso by 079 909 8847.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button