Community galleriesLocal news

Kogleêre inplanting verander Devin Rheeders van Ermelo se lewe

Daar het ongelukkig verskeie uitdagings kop uitgesteek, en die aanskakeling is eers op 13 Desember by die Eduplex in Pretoria gedoen.

ERMELO – Die vyfjarige Devin Rheeders, wat deur die Oorinstituut in Pretoria met ouditiewe sinchronisasie disfunksie (ANSD) gediagnoseer is, het onlangs ‘n kogleêre inplantingsoperasie ondergaan.

Dit het ‘n nuwe wêreld vir hom oopgemaak.

Natasha sê haar seun was baie sterk voor die operasie. “Sy pa het mooi aan hom verduidelik dat hy vir drie dae ‘n verband om sy kop moes dra, en hoewel hy skrikkerig en verward was, het hy dit beter verstaan,” het Natasha gesê.

Op 27 Oktober is die verband afgehaal en die dokters was tevrede met die genesing van die snye, en die aanskakeling is vir 29 November geskeduleer.

Daar het ongelukkig verskeie uitdagings kop uitgesteek, en die aanskakeling is eers op 13 Desember by die Eduplex in Pretoria gedoen.

“Dit was ‘n uitdagende tyd, want ná die operasie het Devin geen gehoor aan daai kant gehad nie, en net ‘n klein persentasie gehoor aan die ander kant waar hy sy versterkersapparaat gedra het. Maar toe die groot dag aanbreek, was dit absoluut die moeite werd vir ons hele gesin.”

In Januarie het hulle dadelik met spraakterapie begin en onlangs ook met arbeidsterapie.

Hoewel daar nog ‘n lang pad vir Devin voorlê soos hy vier keer ‘n maand spraak- en arbeidsterapie moet bywoon, is sy gesin dankbaar vir die vordering wat reeds gemaak is en sien hulle uit om die pad saam met hom te stap.

‘n BackaBuddy-rekening, Devin Rheeders, is geopen, waaring die gesin skenkings insamel vir die kostes vir opgradering en instellings van sy apparaat. Die geld word direk aan die oorinstituut betaal.

“Hoewel die kostes van die spraak- en arbeidsterapie maandeliks ‘n astronomiese bedrag beloop, sal ons nie opgee om die beste moontlik vir Devin te gee nie.”

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button