Local news

Krü-Bus: Ermeloërs se storie van geloof

Die bus was voorheen gebruik as 'n mobiele biblioteek in Brakpan en was te koop aangebied op ’n bemarkingsblad op Facebook.

ERMELO – Daar is mense wat dit regkry om van ’n idilliese droom ‘n werklikheid te maak, soos om ’n bus in ’n huis te omskep en die land vol te reis.

Dit is presies wat Henk en Surita Krüger wil doen.

Die Krüger-gesin van ses het hul normale leefstyl prysgegee om ’n bus in ’n mobiele huis te omskep, en beplan nou om deur die hele land te toer.

Die Krügers sê hulle het uit hul gemaksone beweeg en die pad van geloof geneem om hulle droom na te speur.

Surita en Henk was van plan om te verhuis, maar kon nie saamstem waarheen nie.

Die paartjie kon wel op ’n mobiele huis as ’n tydelike oplossing besluit tot hulle die regte plek vind om nes te skrop.

Die bus was voorheen gebruik as ‘n mobiele biblioteek in Brakpan en was te koop aangebied op ’n bemarkingsblad op Facebook.

Dit het ’n outomatiese ratkas, en luidens die Krügers was dit ’n belangrike verkoopspunt, siende dat Surita die bus gaan bestuur terwyl Henk hul voertuig gaan bestuur.

Die Krüger-gesin wil elke persoon bedank vir hulle insette, borge, koppies koffie koop en ondersteuning.

“Drome is nie en sal ook nooit beperk wees nie. Daar is meer as een pad om by jou finale bestemming te kom.”

Related Articles

Back to top button