Local newsNews

Grondbesit moet hervorm, sê Agri SA

Dr. Theo de Jager, adjunk-president van Agri SA, het tydens ’n onlangse vergadering op Badplaas met die Algemene Raad van Mpumalanga Landbou gedagtes gedeel oor die huidige debat rondom grondhervorming.

Dr. Theo de Jager, adjunk-president van Agri SA, het tydens ’n onlangse vergadering op Badplaas met die Algemene Raad van Mpumalanga Landbou gedagtes gedeel oor die huidige debat rondom grondhervorming.

Hy het ’n kort oorsig gegee van die verloop van onderhandelinge deur homself namens Agri SA die afgelope paar maande en die opsies wat op die tafel is, uitgelig.

“Dit is baie duidelik dat grondhervorming in SA onvermydelik is. Die regering is onder groot druk om baie vinnig met ’n plan vorendag te kom. Verder word daar deur die regering van georganiseerde landbou verwag om hierdie planne uit te voer,” het hy gesê.

“Die twee opsies is aan die een kant die sogenaamde Groenskrif wat niks goed voorspel nie. Dit propageer onder andere grondplafonne, 50 persent oordrag aan arbeid en slegs 50 persent van markwaarde. Die regering het geen plan om dié voorstelle in die praktyk toe te pas nie en die uiteinde is heel waarskynlik chaos,” het hy bygevoeg.

Volgens dr. De Jager is die enigste ander werkbare opsie om in te koop op die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat ook nie die ideale plan nie is nie, maar ten minste gebuig kan word om so min moontlik skade aan kommersiële landbou aan te rig. Die NOP maak voorsiening vir markwaarde sowel as vir vrywillige deelname van kommersiële boere. Die plan is meer beleggers-vriendelik en daar is selfs moontlikhede vir werkskepping.

Die Algemene Raad van Mpumalanga Landbou het sy volle steun aan dr. De Jager en Agri SA gegee om in te koop op die NOP en om te poog om die plan so werkbaar moontlik te maak.

Dr. De Jager het dit duidelik gestel dat die tyd om met voorstelle te kom baie min is en dat die minister ongeduldig is met Agri SA om deel te word van ’n oplossing.

Related Articles

Back to top button