Local news

Baba Haylie van Ermelo ná twee maande tuis

Vir nou moet die gesin Haylie weekliks vir opvolgbesoeke neem om haar groei te monitor.

ERMELO – Ná sowat twee maande in die hospitaal, is baba Haylie Bosch op 21 Februarie ontslaan.

Sy is op 4 Januarie op slegs sewe maande gebore en het ‘n skrale 730 g geweeg.

Sedert Haylie by die huis is, kan haar pa, Werner, nie sy oë van haar af hou nie, aangesien hy terwyl sy in die hospitaal was, nie baie by haar kon wees nie.

Haylie se ma, Petro, sê hul dogtertjie het daar twee keer infeksie opgedoen, en sy moes twee bloedoortappings kry.

Haylie Bosch.

Petro sê hul eerste aand by die huis het soos ‘n droom gevoel, en sy kon nie glo hoe perfek dit was om hul dogtertjie daar te te hê nie.

Vir nou moet die gesin Haylie weekliks vir opvolgbesoeke neem om haar groei te monitor.

Die Bosch-gesin het almal in die gemeenskap vir hul gebede bedank.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button