Ermelo Stoeiklub sluit die jaar af
Die stoeiers het deur die jaar hard gewerk, en is op dié aand met wisseltrofeë beloon.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2022/11/1-1-780x470.jpg)
Die Ermelo Stoeiklub het onlangs sy algemene jaarvergadering en prysuitdeling by Laerskool JJ van der Merwe aangebied.
Die stoeiers het deur die jaar hard gewerk, en is op dié aand met wisseltrofeë beloon.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2022/11/b4ec1c7c-d58d-4d49-_76471.jpg)
Neil Basson is as die beste stoeier in die o. 5- en o. 6-groep aangewys, Marnus Smith was die beste stoeier van die o. 7-groep, Juard Bisschoff van die o. 8’s, David de Wet van die o. 9’s en Woldemar Winckler was die beste stoeier in die o. 10-groep.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2022/11/b8b93f2c-5471-4340-_18332.jpg)
In die o. 13-groep is AJ van Niekerk as die beste stoeier aangewys, Henco Boshoff was die beste o. 15-stoeier en Henco du Bruyn die beste o. 17-stoeier.
Lamont Swart het die trofee vir die moedigste stoeier ontvang en Lohan van Niekerk was die stoeier wat die beste gevorder het.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/93/2022/11/57b6efda-4189-4649-_23850.jpg)
Die trofee vir die beste beginner is aan Johannes Landman oorhandig.
Sien die volledige uitslae in Hoëvelder.