Schools
Errie-skuts presteer by SA kampioenskap
Skuts van Hoërskool Ermelo het uitgeblink by die Suid-Afrikaanse skietkompetisie.
Leerders van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die Suid-Afrikaanse skietkampioenskap deelgeneem en goeie tellings behaal.
Pieter de Beer het 1 379 punte behaal, Dehandri Morkel 1 342 en Marla de Jager het 1 321 punte losgeskiet.
Dehandri het ook ’n silwer en goue medalje, as lid van die span wat die eerste plek in Suid-Afrika behaal het, ontvang.