Schools

EHS sluit Mielieman-projek af by spoggerige gala-aand

Die tema vir die aand was country en die Suid-Afrikaanse musiekorkes, West, het die gaste met heerlike countrymusiek vermaak.

ERMELO – Hoërskool Ermelo het onlangs sy Mielieman-projek tydens ’n gala-aand by Perdekraal afgesluit.

Vanjaar se Dekalb/EHS Mielieman-prysuitdeling is deur die Errie-unie aangebied.

Dié kompetisie het behels dat boere 1 ha of meer inskryf, waarna ’n opbrengsbepaling deur ’n onafhanklike persoon gedoen is.

Die opbrengs van die ingeskrewe hektare word aan EHS geskenk.

Die tema vir die aand was country en die Suid-Afrikaanse musiekorkes, West, het die gaste met heerlike countrymusiek vermaak.

Volgens die skool was dit ’n feestelike en gesellige geleentheid.

“Dankie aan al die boere wat ingeskryf het, vir die groot hoeveelheid mielies wat geskenk is, en baie geluk aan die top 10 boere sowel as die wenners van vanjaar se kompetisie,” het EHS se skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.

Die Errie-unie en die beheerliggaam het al die borge wat die geleentheid moontlik gemaak het bedank, en sien uit na ’n lang verbintenis met almal.

Related Articles

Back to top button