School sportSchools

Errie-spellers wys hul kán

Vyf Erries het onder die top vier provinsiaal geëindig en dring deur na die nasionale ronde wat op 15 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch sal plaasvind.

Dertig leerders het op 6 September aan die WOW Spelfees deelgeneem.

Die kompetisie het uit twee afdelings bestaan, ’n babbelafdeling en ’n krabbelafdeling. In die babbelafdeling word daar hardop gespel, terwyl die tweede afdeling ’n skriftelike spelling behels.

Die twee afdelings se punte word bymekaar getel om die wenners te bepaal.

Vyf Erries het onder die top vier provinsiaal geëindig en dring deur na die nasionale ronde wat op 15 Oktober by die Universiteit van Stellenbosch sal plaasvind.

Die leerders wat plekke behaal het, was Chané Oosthuizen (eerste plek), Marizel van Niekerk (derde plek), Mia van Deventer (vierde plek), Maret Maritz (derde plek) en Kayleigh Moore (eerste plek).

Related Articles

Back to top button