Schools

Errie kuns beste in Mpumalanga

Hulle sal ook tydens ‘n prysuitdeling hulle kontantpryse, geborg deur die skou, ontvang.

Die Erries neem die afgelope agt jaar deel aan die Mpumalanga-kunskompetisie wat deur die Departement van Onderwys geloods is.
Jaarliks behaal EHS plekke op die top 10 en perodiek selfs ’n tweede of derde plek.
Vanjaar het die Erries egter omtrent die pryse ingepalm en ’n eerste, tweede- en derde plek behaal.
Hoërskool Ermelo is ook as algehele wenners van kuns as vak in Mpumalanga aangewys.
Altesaam 300 inskrywings, wat ontwerp en visuele kuns insluit, was die meeste inskrywings nóg vir hierdie kompetisie.
Die tema was ‘Sirkels’ en leerders moes die tema op ’n kreatiewe manier interpreteer as ’n praktiese taak.
Daar was 168 visuele kuns leerders wat in die provinsie ingeskryf het waarvan nege leerders Erries is.
Die kunswerke is deur drie kunstenaars van Mbombela en omgewing beoordeel.
Ses Erries het plekke in die top 10 behaal.
Almal se kunswerke word in die Mbombela kunsgalery uitgestal waar die publiek dit kan besigtig.
Die top 10 plekke is behaal deur: Inge van der Walt, Bianca de Jager, Ancois van der Berg (graad 11-leerder), Thobani Mbuli, Ilandri Nel en Gift Mthethwa (graad 12-leerders).
Thobani Mbuli word as algehele wenner aangekondig, Ilandri Nel behaal ’n tweede plek en Gift Mthethwa ’n derde plek.
Alle skole in Mpumalanga wat Visuele Kuns as vak aanbied, word verplig om aan dié kompetisie deel te neem.
Die Erries wat deel is van die top tien se werke sal ook by die Mbombela-skou uitgestal word.
Hulle sal ook tydens ‘n prysuitdeling hulle kontantpryse, geborg deur die skou, ontvang.
“Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders met jul pryse en uitsonderlike talent, asook aan me Carin van der Merwe wat as onderwyser die leerder lei om die sukses te kan behaal. EHS is trots op julle.”

Related Articles

Back to top button