Sport

Motorfietsryers van Ermelo maak skoonskip by Farm Jam

Ermelo-motorfietsryers het hulle teenwoordigheid by die Farm Jam in Middelburg laat geld.

Die avontuurlustige jong manne van PC Racing het die afgelope naweek aan die Farm Jam se vierde ronde in Middelburg deelgeneem.

Dié seuns van Ermelo wat in die 85cc junior-klas deelgeneem het, het die afdeling behoorlik oorheers en het die eerste vyf plekke vol gestaan.

In die klas het hulle rondes van 11 km elk voltooi.

Trompie van den Heever het sy eerste wen in ’n tyd van 01:56:03 behaal, gevolg deur Willem Jacobs met ’n tyd van 01:56:57 in die tweede plek, WP Human met ’n tyd van 01:58:56 in die derde plek en Paulus van Niekerk het met ’n tyd van 01:59:18 vierde geëindig.

MJ van Aarde was sesde, Wiaan du Preez 13de en LP Scheeperse 16de.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button