Local news

Ermelo-inwoner deel sy misvormde suurlemoenoes

Hy het ook gevra dat mense wie dalk ook seldsame vrugtesoorte op die dorp groei, dit aan Hoëvelder se redakteur bekendmaak, siende dat dit vir baie interessant sal wees.

ERMELO – Frans du Plessis, ’n inwoner, het die Hoëvelder onlangs besoek om sy mislukte, oftewel, deels misvormde suurlemoenoes met die publikasie te deel.

Du Plessis, wat al 27 jaar op Ermelo woon, sê sy tuin lewer gewoonlik ’n wye verskeidenheid ander plante- en boomvrugtegewasse.

Dit sluit in vye, pruime, appelkose, neute, pynappels, koejawels, geelperskes, boomtamaties, ensovoorts.

“Ek het die suurlemoenboom in Vereeniging gekoop, en hoewel dit ’n skaflike oes lewer, is daar maar hier en daar ’n misvormde suurlemoen.”

Op die oog af lyk die suurlemoen so al na die saamgetrekte klou van ’n roofvoël.

Frans du Plessis se misformde sitrusoes. Foto: Wayne van der Walt

Du Plessis sê het hy opgelees wat die oorsaak van die koddige suurlemoene kan wees, en blykbaar word dit toegeskryf aan sitrusknopmyt (Aceria sheldoni) wat die bloeisels vreet lank voordat die vrug gevorm het.

Hy het ook gevra dat mense wie dalk ook seldsame vrugtesoorte op die dorp groei, dit aan Hoëvelder se redakteur bekendmaak, siende dat dit vir baie interessant sal wees.

Stuur gerus ’n epos na wayne@highvelder.co.za.

Hy het ook gevra dat mense wie dalk ook seldsame vrugtesoorte op die dorp groei, dit aan die Hoëvelder redakteur bekendmaak siende dit vir baie interessant sal wees.

Stuur gerus ’n epos na wayne@highvelder.co.za

Related Articles

Back to top button