News

Ermelo-boere loop deur onder veediefstal

Twee mense is in verband met die diefstal in hegtenis geneem, maar is later vrygelaat omdat hulle nie met die diefstal verbind kon word nie.

ERMELO – Agt gesteelde koeie en vier kalwers is op 8 Augustus sowat 12 km buite die dorp deur lede van Acsu en die plaaslike veediefstal-eenheid gevind.

Volgens Oubaas de Jager van Acsu, is dit die derde keer dat daar gesteelde vee op die eienaar van die plaas se eiendom gevind is.

Kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder vir die Ermelo-polisie, het vertel dat die Ermelo Veediefstaleenheid, saam met die lede van Acsu en die boeregemeenskapsoperasie,“Buyisinkomo” en “Gcinimvelo” uitgevoer het, toe die beeste ontdek is.

Die vee is in Julie buite Ermelo gesteel.

Volgens een van die boere gebruik die diewe strykysters om die beeste te brandmerk.

Daar is drie kruise oor die eienaar van die beeste se brandmerke gebrand, en die merke op die beeste se ore is uitgesny.

“Die waarde van die diere is sowat R280 000,” het Prinsloo gesê.

Twee mense is in verband met die diefstal in hegtenis geneem, maar is later vrygelaat omdat hulle nie met die diefstal verbind kon word nie.

Die eienaar van die beeste het kolonel Zulu van die veediefstaleenheid, Acsu sowel as die boere wat deel was van die soektog, bedank.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button