Municipal

Wegneemeteboksies en drankbottels oral te siene by Ermelo se kinderparkies

Daar is al op verskeie geleenthede genoem dat daar mense is wat die park as ’n kuierplek gebruik, en daar sit en alkohol drink, waarna die glasbottels op die grond agtergelaat word.

ERMELO – Na Hoëvelder onlangs berig het oor kinders wat tydens die skoolvakansies by die Veltmanpark geboer het, is daar verdere ondersoek ingestel oor die skoonmaak en instandhouding van die parke op die dorp.

By die Veltmanpark is die grond besaai met rommel en leë drankbottels.

Dorpenaars het op Hoëvelder se berig oor die motorfietse in die park reageer en genoem dat daar ook aandag gegee moet word aan mense wat die park as ’n kuierplek gebruik, en daar sit en alkohol drink, waarna die glasbottels sommer so goedsmoeds op die grond agtergelaat word.

Glasstukke lê versprei om die glyplank en klimrame by die park.

Twee asblikke by die park is oorvol met gemors, en waar die derde asblik was, is slegs die raamwerk met ’n hoop gemors oor.

Die koerant het opgemerk dat dit blyk asof daar gereeld huisrommel in die park ook gestort word, en daar is selfs ’n ou matras wat eenkant rondlê.

Die vele hope beesmis getuig daarvan dat dit nie net die kinders in die dorp is wat gereeld in die park kuier nie.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button