Local newsNews

Demi-Lee Moore sing Ermelo aan die brand

Die vertoning het om 20:00 begin, en inwoners het tot laat saamgekuier.

ERMELO – Die eerste wenner van die musiek-werklikheidstelevisiereeks Die kontrak, het op 23 Julie die gehoor behoorlik by die Barnyard vermaak.

Die vertoning het om 20:00 begin, en inwoners het tot laat saamgekuier.

Volgens een van die organiseerders, Friedel van Aardt, was daar ook ’n wynproestasie en jenewerkroeg, wat die inwoners terdeë geniet het.

Kaartjies vir dié vertoning was reeds voor die vertoning al uitverkoop.

Related Articles

Back to top button