Local newsNews

Ermelo se Robyntak stap teen plaasaanvalle en -moorde

TLU SA het alle Suid-Afrikaners uitgenooi om op 16 en 17 Junie virtueel saam te stap teen plaasaanvalle en -moorde.

ERMELO – Die lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Robyntak het onlangs aan die virtuele staptog van die Transvaalse Landbou Unie van Suid Afrika (TLUSA) teen plaasmoorde en -aanvalle deelgeneem.

Dit was die TLU se inisiatief gewees om binne 24 uur virtueel 6065km te stap waarvan elke kilometer verteenwoordigend was van ’n plaasaanval wat sedert 1990 gesinne en werkers se lewens uitmekaargeruk het.

So het dié tak se vroue besluit dat hulle ook hul deel wil doen, en het die geleentheid aangegryp.

Van die ouer lede van die tak het aangebied om 65 treë te stap en die res vir die jonger lede te laat.

Vroegoggend het die voorsitter, Lenie Groenewald, drie van die taklede, Daphnè du Toit, Evelene Oosthuizen en Helena de Lange, bymekaar gekry en die soektog vir die perfekte plek om te stap, gaan soek.

“In die ysige koue het ons elk 65 treë gestap, waarna ons besluit om verder ons meelewing te wys oor ’n koppie koffie by Tasso’s,” het Groenwald gesê.

Van die vroue wat nie by hulle kon aansluit nie, het elkeen op hul eie of saam met hul geliefdes die ent gestap.

Elize Boers en haar man, Dricus het hul treë by die dam ingekry, terwyl Elize Van Heerden tydens haar vakansie in Mosambiek besluit om in die sand haar treë te stap.

Susan van Wyk gepantser teen die koue, doen haar 6 065 treë op die stofpad voor hulle plaas.

Related Articles

Back to top button