Local newsNews

Video wys die oomblik van impak tussen twee voertuie by robot

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Die afgelope week was daar ’n oor en weer beskuldiging op die Hoëvelder se Facebookblad, nadat twee voertuie by ’n verkeerslig op die hoek van Kerk- en Buhrmanstraat gebots het.

FACEBOOK LIVE: https://fb.watch/dHT4SxT1u-/

Ermeloërs het een van die motoriste daarvan beskuldig dat hy altyd jaag op die dorp.

Die man het hom daarenteen uitgelaat oor die mense se aannames oor hom: “Die kar is nie eers n maand in die dorp nie so hoe kan julle sulke k*k praat van hy jaag al vir maande? Julle wil altyd iets sê, maar ek sal die kar regmaak vir julle wat so bly is.”

Die Hoëvelder is in besit van beeldmateriaal wat die oomblik van impak aandui.

Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Msukaligwa-verkeersafdeling en verskeie insleepdienste was op die toneel.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button