Local newsNews

Ligte, kamera, aksie!

In die opeafdeling is me. Nicola Holtzhausen se foto, “There Goes the Sun”, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het op 10 Junie ’n klubaand geniet, waartydens die lede se foto’s beoordeel is.

Die vasgestelde onderwerp vir die maand was “aksie”, en die lede het almal spoggerige foto’s ingeskryf.

Mnr. Petrus Myburgh se “Laat die stof so staan” het die juniorafdeling gewen, terwyl me. Rosa van Schalkwyk se “Dit was amper” die seniorafdeling gewen het.

GALERY – Ermelo Fotoklub ‘fokus’ op aksie

In die opeafdeling is me. Nicola Holtzhausen se foto, “There Goes the Sun”, as die wenner in die 1-sterafdeling aangewys.

Dié foto is ook as die algehele wenner van die juniorafdeling aangewys.

Die wenner van die 2-sterafdeling was me. Venetia Rose met haar “6 Snare”.

Sien al die uitslae in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button