MunicipalNews

Inwoners frustreerd oor die stinkerige storie in Power- en Murraystraat

Sodra dit reën sê die inwoners vererger die situasie, omdat die stormwaterdreine oorstroom. Hulle is bekommerd dat die plaaslike owerheid nie die probleme, wat gesondheidsrisiko’s inhou, ernstig opneem nie.

ERMELO – Inwoners in Power- en Murraystraat het weereens hul frustrasies by Hoëvelder uitgespreek oor riool wat volgens hulle al maande lank by die strate afloop en ook die spruit daar naby besoedel.

Die koerant het met verskeie inwoners gesels, wat genoem het dat hulle die verstopte drein net buite hul hek al verskeie kere by die plaaslike owerheid aangemeld het.

Een van die inwoners sê dat die munisipaliteit sowat drie maande geneem het om die drein oop te maak, maar dat dit van korte duur was en dat die riool nie lank daarna nie weer deur hul erwe gestroom het.

Die verstopte drein loop steeds oor en dam op in die pad wat die werknemers by die Eskom se verspreidingskantore gebruik om by die werk te kom.

Behalwe vir die reuk van riool wat in die lug hang, moet dié inwoners en werknemers daagliks deur die rioolwater ry.

Die ompad is in ’n haglike toestand en motoriste met kleiner voertuie wil dit liewer nie waag nie.

“Ons motorhuis stink van die reuk van riool wat aan die voertuig hang, en dit help nie eers om die voertuig te was nie, want môre is dit weer van voor af dieselfde,” het een van die werknemers se man gesê.

Van die inwoners het gesê dat hulle die reuk nie meer kan hanteer nie, maar dat hulle nie ’n keuse het nie, want dit blyk asof die munisipaliteit nie binnekort die nodige aandag aan die probleem, wat ernstige gesondheidsrisiko’s inhou, gaan skenk nie.

Verskeie diere in die omgewing, van beeste, voëls en soms varke, drink van die water en plas in die strome rond.

Sodra dit reën sê die inwoners vererger die situasie, omdat die stormwaterdreine oorstroom. Hulle is bekommerd dat die plaaslike owerheid nie die probleme, wat gesondheidsrisiko’s inhou, ernstig opneem nie.

Hoëvelder het navrae aan mnr. Mandla Zwane, die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se woordvoerder, gestuur, maar nog geen terugvoer is ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button