Local newsNews

Stigter van Ermelo Primary School skielik oorlede

Nadat Laerskool JJ van der Merwe in 1973 na die nuwe perseel getrek het, het mnr. Swanepoel dié ou gebou gebruik om Ermelo Primary School op die been te bring.

ERMELO – Mnr. Antonie Swanepoel, stigter en eerste skoolhoof van Ermelo Primary School, is op 21 Mei, slegs drie dae voor sy 91ste verjaardag, skielik oorlede.

Hy is op 24 Mei 1931 in Uitenhage gebore en het in Queenstown gematrikuleer.

In 1957 het hy as jong onderwyser sy loopbaan by Laerskool JJ van der Merwe begin, waar hy ook sy vrou, me. Rita van Beek, ontmoet het.

Hulle is in 1961 getroud en twee seuns, Antonie en Pieter, is uit die huwelik gebore.

“My ouers het ’n geseënde huwelik van 61 jaar gehad,” het Antonie Swanepoel jr. gesê.

Nadat Laerskool JJ van der Merwe in 1973 na die nuwe perseel getrek het, het mnr. Swanepoel dié ou gebou gebruik om Ermelo Primary School op die been te bring.

Ná sy aftrede as skoolhoof in 1992, het hy en sy vrou op Ermelo afgetree en later na die plaaslike aftreeoord verhuis.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button