CrimeNews

Vier mense in Ermelo ry aan die pen vir veediefstal

Veiligheidswagte op patrollie op 21 Maart 2018 het die twee vroue met sakkevol vleis in Mabilisastraat opgemerk.

ERMELO – Twee mans en twee vroue is op 20 Mei in die Ermelo-streekshof gevonnis op aanklagte wat met veediefstal verband hou.

Die vroue, Thulisile Mabuza (46) en Elizabeth Nkosi (57), is albei tot 12 maande tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is vir die ontvangs van gesteelde vleis.

Moses Mkwanazi (55) is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis en Katshana Nkosi (48) is tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir die diefstal van ’n skaap.

Veiligheidswagte op patrollie op 21 Maart 2018 het die twee vroue met sakkevol vleis in Mabilisastraat opgemerk.

Na verdere navraag het die vroue gesê dat hulle die vleis van Mkwanazi en Nkosi ontvang het.

“Die mans is gekonfronteer en het ingestem om die polisie te wys waar die skape op die plaas Klipfontein gesteel en geslag is,” het kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, gesê.

Sy het die publiek gewaarsku dat hulle kennis moet neem dat hulle ook kriminele aanklagte in die gesig kan staar en vervolg sal word wanneer hulle vleis wat gesteel is ontvang of koop.

Related Articles

Back to top button