Local newsNews

Karlien van Jaarsveld kies Ermelo se JP Meyer vir haar Top 6 vir Die Kontrak sangkompetisie

Kort nadat hy sy video-inskrywing vir Die Kontrak op sosiale media geplaas het, het dorpenaars aan sy lippe gehang.

ERMELO – JP Meyer, ’n plaaslike sanger, is onlangs as deel van die mentor vir wie hy ingeskryf het, Karlien van Jaarsveld, se Top 6 aangekondig.

Hy het op 21 Mei aan verdere uitdunne deelgeneem.

Kort nadat hy sy video-inskrywing vir Die Kontrak op sosiale media geplaas het, het dorpenaars aan sy lippe gehang.

Die Kontrak is ’n sangkompetisie waarin deelnemers inskryf deur ’n video van hulself op sosiale media te deel, met die hoop dat hulle een van die gelukkiges is wat gekies gaan word.

Vier mentors, Karlien van Jaarsveld, Refentse, Monique Steyn en Tarryn Lamb, werk saam met die gekose groep deelnemers.

Daar word dan slegs vir een deelnemer ’n sangkontrak aangebied.

Jp Meyer.

 

“Dié kompetisie is seker op die oomblik een van die grootste sangkompetisies wat vir jong opkomende sangers baie deure kan oopmaak,” het Meyer gesê.

Hy het tydens sy video-inskrywing vir Van Jaarsveld as mentor gekies, en gesê dat hy die besluit gebaseer het op hul musiek wat baie eenders is en ’n storie vertel.

“Sy is een van Suid-Afrika se grootste sangers, en ek glo met haar leiding sal ek ’n goeie kans staan om die kompetisie te wen.”

Vir Meyer was dit nog altyd sy droom om voltyds in die musiekbedryf te werk.

Lees meer oor Meyer in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button