Local newsNews

WAARSKUWING GRAFIES: Ermelo-inwoners kom op gebrande kat af in Wesstraat

Me. Megan Schoeman, van Ermelo True Rescue het vertel dat dieremishandeling meer toenemend in die dorp plaasvind as wat inwoners besef.

ERMELO – Twee inwoners van Ermelo, Daniel Uys en sy broer Brandon het op 5 Mei op ’n grusame toneel afgekom, waar ’n kat klaarblyklik aan die brand gesteek is.

Volgens Daniel was hy en sy broer op pad terug huistoe, toe die reuk van geskroeide hare hulle in Wesstraat in hul spore gestuit het.

Hulle het ondersoek ingestel en gesien dat daar iets by een van die stormwaterdreine brand wat op daardie stadium vir hul soos ’n houtstomp gelyk het.

“Soos ons nader gekom het, het ek gesien dit is ’n kat wat verbrand is. Daar het nog rook uit die kat getrek,” het Daniel vertel.

Die voorval het hulle vreeslik ontstel en hy het aan die Hoëvelder vertel dat hy nie kan glo dat enige persoon so iets aan ’n dier kan doen nie.

Die oorskot van ’n kat wat vermoedelik aan die brand gesteek is. Foto | Verskaf

Me. Megan Schoeman, van Ermelo True Rescue het vertel dat dieremishandeling aan die toeneem is, inteendeel, meer as wat inwoners besef.

Sy het ’n beroep op alle inwoners gedoen om ten alle tye te verseker dat hulle diere veilig in hul erwe toegemaak word.

Indien enige persoon inligting rondom die saak het, kan hulle me. Schoeman kontak by 063 965 9660 wat die saak aan die plaaslike owerheid sal aanmeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button