Local newsNews

Voertuig ploeg deur muur in Theunissenstraat in Ermelo, bestuurder glo hy was agtervolg

Na bewering het die man geld by ’n OTM onttrek en is deur ’n ander voertuig agtervolg, waarna hy glo weggejaag het.

ERMELO – ‘n Bestuurder van ‘n Renault het op 14 April deur ‘n muur in Theunissenstraat gery, nadat die bestuurder na bewering beheer oor die voertuig verloor het.

Die ongeluk het omstreeks 12:00 plaasgevind.

Die voertuig het binne die erf tot stilstand gekom, waarna familie van die inwoners die gat in die muur met hekke toegemaak het, om hul honde binne te hou.

Noodpersoneel van Ermelo Provinsiale Ambulansdienste besig om die beseerde bestuurder te behandel.

Volgens beskikbare inligting, het die bestuurder van die voertuig slegs geringe beserings opgedoen en is na Ermelo Provinsiale Hospitaal vervoer.

Na bewering het die man geld by ’n OTM onttrek en is deur ’n ander voertuig agtervolg, waarna hy glo weggejaag het.

Related Articles

Back to top button