Local newsNews

Peet Fourie van Ermelo bou bobaas veteraanvoertuie

Hy het later 'n Cortina-bakkie gekoop waarvan hy die ratkas en enjin uitgehaal het, en het 'n verkoeler vanuit Amerika laat kom.

ERMELO – Mnr. Peet Fourie, ‘n welbekende gesig onder motorliefhebbers, bou al sedert hy ‘n jong seun was saam met sy pa voertuie.

Mnr. Fourie het in 1974 net nadat hy gematrikuleer het, sy eerste voertuig, ‘n Mini, gebou. Daarna het vele ander voertuie gevolg.

In 2013 het hy en een van sy vriende by ‘n vulstasiewinkel ingestap, en die voorblad van die nuutste uitgawe van SA Hotrods het dadelik sy oog gevang.

Op die voorblad het ‘n bakkie gepronk, en sy woorde aan sy vriend was dat hy vir hom so ‘n voertuig gaan bou.

Die groot soektog na motor-onderdele het begin. Mnr. Fourie sê dat daar nie meer staalkappies bekombaar is nie, en hy moes Streetrod Factory in Pretoria nader om vir hom een te bou.

Dit het hom reeds sowat R33 000 uit die sak gejaag.

GALERY – Peet het ’n liefde vir klassieke motors bou

Mnr. Fourie het ‘n Toyota Stallion-onderstel gekry, wat voorheen ‘n safarivoertuig met die naam, Bosvark, s’n was.

Hy het later ‘n Cortina-bakkie gekoop waarvan hy die ratkas en enjin uitgehaal het, en het ‘n verkoeler vanuit Amerika laat kom.

Met dié dele in sy motorhuis het die bou van die voertuig begin, wat sowat twee jaar en ses maande geduur het.

Mnr. Fourie het die bak van die voertuig self gebou.

Die bak se seil en stoffering van die bakkie kon hy nie self doen nie, omdat hy nie die masjiene daarvoor gehad het nie.

Maak seker jy lees vandeesweek die volledige berig in die Hoëvelder.

 

Related Articles

Back to top button