Local newsNews

VLU Robyn-tak in Ermelo vier derde verjaarsdag

Die vroue het aan huis van een van die lede gekuier en die tafels het gekreun onder heerlike en kleurryke kos.

ERMELO – Lede van die Vroue Landbou-unie (VLU) se Robyn-tak het onlangs hul derde bestaansjaar gevier.

Die vroue het aan huis van een van die lede gekuier en die tafels het onder die heerlike en kleurryke versnaperinge gekreun.

Me. Elize van Heerden en me. Yolanda Niewenhuis tydens die VLU Robyn-tak se derde verjaarsdag. (Foto: Verskaf)

Volgens me. Lenie Groenewald, die voorsitter, het hulle vinnig deur die agenda van die vergadering gedraf om die tak se verjaarsdag te vier.

Die vroue is ook deur me. Yolanda Niewenhuis verras, wat die vergadering saam met hulle geniet het.

Me. Lenie Groendewald, die voorsitter van die Vroue Landbou-unie se Robyn-tak. (Foto: Verskaf)

Enigiemand wat by die Robyn-tak wil aansluit, kan me. Groenewald by 073 254 5467 skakel.

Related Articles

Back to top button