Local sportSport

Ermelo-renjaers raap pryse op in Dullstroom

Dit het op 26 en 27 November by die TRACN4 Rally van Suid-Afrika in Dullstroom afgespeel.

Die 2021-tydrenseisoen het tot ‘n einde gekom, en baie bestuurders en navigators het die TRACN4 Rally van Suid-Afrika in Dullstroom op 26 en 27 November waarskynlik as hul uitdagendste resies ooit beskou.

Reën, modder, groot klippe, mis en water het talle voertuie met epiese strydletsels gelaat.

Ermelo se Lunatic Rally Team bestaande uit die pa-en-dogter-duo, Edward en Larine Strydom, het gesê dit was seker hul moeilikste tydren nóg.

“Daar was vier fases sonder ’n diens, so ons moes noukeurig met ons beplanning wees.”

Sien al die foto’s HIER

Tydens ronde sewe is hul voertuig weens ’n paar losgepakte stompe van die pad af gedwing, maar hulle was gelukkig om nie baie tyd te verloor het nie, en die skade is tot ’n minimum beperk.

“Ons het met drie beskadigde wielvellings klaargemaak, maar geluk was aan ons kant, want al die bande was nog heel.”

Ronde agt moes hulle improviseer toe hul 1600 20V Toyota Tazz, of soos hulle na hul motor verwys, “Bullet”, begin oorverhit het.

“’n Bout aan die alternator het afgebreek en die waaierband was slap. Ons het ’n stomp agter die alternator ingeslaan en kon weer ry, maar moes kort-kort stilhou wanneer die stomp sou uitskud.

“Ons het die dienspark gehaal, maar 29 minute verloor en het net-net ’n time-barred vrygespring.”

Die res van die tydren moes die Strydoms baie mooi ry siende dat hul slegs een minuut gehad het voor hul op 30 minute time-barred sou wees.

Hulle voltooi ronde sewe met ’n eerste plek in die NR2-afdeling en ’n tweede in die NRC4-afdeling.

Ronde 8 op Saterdag was hulle derde in NR2 en derde in NRC4.

Hul eindig tweede in die Nasionale Rally-kampioenskap se NRC4, en in die Noordelike Streekkampioenskap verower hulle ’n derde plek in NR3 asook ‘n derde in die NR4-afdeling.

SIEN OOK: GALERY – Ermelo-renjaers la’t wiel! by TRACN4 Rally in Dullstroom

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button