Local newsNews

Care Bears verkoop 500 broodrolletjies vir kinders in nood

Care Bears het tans vyf kinders wat hulle met verskeie behoeftes probeer ondersteun.

ERMELO – Die Ermelo Care Bears het op 29 Oktober sowat 500 worsrolletjies by Hough’s Slaghuis in Voortrekkerstraat verkoop.

Dit is een van die vele projekte wat dié organisasie aanpak om geld in te samel om kinders wat veral mediese noodbehoeftes het, by te staan.

Volgens me. Julia Basson, een van die Care Bears se lede, was die dag ’n sukses. Die groep het elkeen wat hulle ondersteun het, bedank.

Care Bears het tans vyf kinders wat hulle met verskeie behoeftes probeer ondersteun.

Teagan van Wyk, Ermelo se eie klein Superman, is in Oktober 2018 vir die eerste keer met neuroblastoomkanker gediagnoseer. en wie se ouers op 8 Maart 2020 die nuus ontvang het, dat dokters niks meer vir hom kan doen nie.

Die 10-jarige Megan Herbst is op 11 Junie vanjaar met twee seldsame outoïmuunsiektes, sistemiese jeug- idiopatiese artritis en makrofage-aktiveringsindroom gediagnoseer.

Mnr. Joshua Stark en sy vrou, Monica, wie se eenjarige dogtertjie, Isabella Stark, verstik het, word ook deur die organisasie ondersteun.

Die ander twee kinders op die lys is Peter Lukhelwe (3) wat ’n operasie aan sy mond benodig, en Siphilo Nabhile (2), wat ’n laseroperasie aan sy kornia moet ondergaan.

Vir verdere navrae, kontak me. Marelize Britz by 084 813 0777 of me. Julia Basson by 060 905 7450.

Related Articles

Back to top button