Local newsNews

Familie verloor alles na plaashuis in verwoestende brand naby Ermelo vernietig is

Die Cloete-familie het op Sondag 17 Oktober verslae gestaan en toekyk hoe hulle familiehuis op die plaas Rodewal in 'n verwoestende brand vernietig is. Volgens me. Alet Cloete het sy 'n oproep van haar seun, mnr. George Cloete, ontvang dat plaaswerkers hulle in kennis gestel het dat daar 'n brand by hul huis

ERMELO – Die Cloete-familie het op Sondag 17 Oktober verslae gestaan en toekyk hoe hulle familiehuis op die plaas Rodewal in ‘n verwoestende brand vernietig is.

Volgens me. Alet Cloete het sy ‘n oproep van haar seun, mnr. George Cloete, ontvang dat plaaswerkers hulle in kennis gestel het dat daar ‘n brand by hul huis is.

Sy het dadelik haar oudste seun, mnr. Stef Cloete, gebel, wat hom na die plaas gehaas het en ook oor die tweerigtingradio’s om hulp geroep het.

Met sy aankoms was meeste van die plaashuis reeds in die brand vernietig.

SIEN OOK: GALLERY – Verwoestende brand vernietig Cloete-familiehuis naby Ermelo

Lede van die Ermelo-Oos-boerevereniging het die familie te hulp gesnel, en het ook die brand by die Msukaligwa Brand- en Reddingsdiens aangemeld, wat binne sowat 20 min op die toneel was.

Volgens me. Cloete was mnr. George Cloete en sy gesin nie tuis ten tye van die brand nie.

Me. Cloete het bygevoeg dat hulle magteloos gevoel het om te sien hoe 50 jaar se herinneringe in ‘n paar minute vernietig is.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder wat Donderdag op straat te verskyne sal wees.

 

Related Articles

Back to top button