GeneralLocal newsLocal sportNewsSchool sportSchoolsSport

Onnie maak opgang as skeidsregter

Hy het sy skeidsregtersloopbaan as kandidaat-skeidsregter begin en homself vinnig bewys as iemand wat sy rugby ken.

Alex Jonker, ’n onderwyser van Laerskool Ermelo, maak vinnig opgang as rugbyskeidsregter.
Alex is onlangs bevorder tot die superliga-paneel by die Puma-skeidsregtersvereniging.
Tans is daar net agt skeidsregters op dié paneel waarvan Alex (23) die jongste is.
Hy het sy skeidsregtersloopbaan as kandidaat-skeidsregter begin en homself vinnig bewys as iemand wat sy rugby ken.
Sy ywer om ’n goeie skeidsregter te word en sy bereidwilligheid om alle fasette van die spel te bemeester, het hom in ’n kort tyd laat vorder tot assistent-skeidsregter, derdeliga-skeidsregter, tweedeliga-skeidsregter, seniorliga-reserwe, seniorliga- en uiteindelik superliga-skeidsregter. Sy plan om as een van die top fluitjieblasers in die land gereken te word, is beslis binne bereik.
Alex het die Puma-rugbyunie bedank vir die vertroue wat hulle in hom gestel het en die hoof van Laerskool Ermelo, mnr. Roelof Ferreira, en sy adjunk, mnr. Anton Bakker, uitgesonder vir hul hulp en ondersteuning.

Related Articles

Back to top button