Local newsNews

Stem gou vir dié koeksisters

Ouma Rooi Koeksisters is eie aan Ermelo.

Gerda Swanepoel het in 2012 tweede in die landswye Huletts-koeksister-kampioenkompetisie geëindig.
Almal in die dorp ken Ouma Rooi se koeksisters en word aangemoedig om ’n sms te stuur en sodoende ons eie koeksisterkoningin deur te kry na die finaal wat by die Innibos-fees plaasvind.
Gerda het dié wenresep by haar ma, Jeanette van der Westhuizen, geërf, en is trots op die basiese resep sonder vreemde geure en bymiddels.
Sy het 28 jaar gelede vir Tuiskoop begin bak en nommer 18 se koeksisters het van die rakke gevlieg.
Ná die afsterwe van haar moeder in 2006, het Gerda besluit om haar te vereer en Ouma Rooi Koeksisters het die lig gesien.
In een jaar het 10 125kg suiker, 7 290kg koekmeel, 9 720 jumbo eiers, 145kg bakpoeier en 405kg margarien gesorg vir 810 mengsels waaruit 680 400 koeksisters gevleg en gebak is.
Ouma Rooi Koeksisters is eie aan Ermelo.
Ondersteun Gerda dus deur OUMA ROOI KOEKSISTERS na 32113 te sms.
Die sms-lyn sluit Vrydag 30Mei 2014.

Related Articles

Back to top button