Local newsNews

VIDEO – Raak betrokke by die Ermelo vir Loxton-Projek

Ermelo Oos Boerevereniging het die projek #dorpvirdorp geloods, waar hulle ander dorpe uitdaag om ’n dorp in die droogtegeteisterde gebiede ‘aanneem’ en die mense daar ondersteun.

’n Groep van agt boere van Ermelo Oos Boerevereniging het op 13 Desember om 3vm die sowat 1 100km na Loxton in die Noord-Kaap aangepak.

Mnr. Lion du Plessis, voorsitter van die Ermelo Oos Boerevereniging, het gesê: “Ons het gedink ons gaan iets vir die Karoo-boere beteken, maar die teendeel was dat hulle vir ons baie meer beteken het as waarvan ons ooit kon droom.”

Met hul aankoms in Loxton is dié boere met met ope arms en met tonne liefde ontvang.

LEES OOK: VIDEO: Ermelo Oos Boerevereniging benodig hulp vir Loxton-boere

Hulle het ook ondermeer doseermiddels en vitamien-aanvullings vir 50 000 skape, en 24 sakke melk-vervangers afgelewer.

Daar is vir 75 boere elk 10l olie en 2kg smeermiddels afgelewer vir basiese onderhoud op hul toerusting en daar sal binne die volgende twee weke ’n vragmotor met 34 ton melasse-konsentraat en ’n vragmotor met graan na Loxton vertek.

Ermelo Oos Boerevereniging het die projek #dorpvirdorp geloods, waar hulle ander dorpe uitdaag om ’n dorp in die droogtegeteisterde gebiede ‘aanneem’ en die mense daar ondersteun.

LEES OOK: VIDEO: Ermelo boere vertrek na droogtegeteisterde-Loxton

Hulle het besluit dat Ermelo die mense van Loxton aanneem en moedig alle inwoners om by die projek betrokke te raak.

Mnr. du Plessis het vertel dat hulle bokse vir Loxton by plaaslike ondernemings wil plaas, waar mense veemedisyne en voer kan aankoop en in die bokse plaas.

“Vitamien-aanvullings kan aangekoop word vir slegs R100, so dit is moontlik vir enige iemand om ’n bydrae te maak, self net gebed vir die boere van Loxton en hul gesinne is voldoende.”

’n Facebook-blad met die naam “Ermelo vir Loxton” is geskep waar mense kan deel raak van die projek.

Vir meer inligting oor die projek kontak mnr. du Plessis by 084 811 4270.

 

 

 

Related Articles

Back to top button