Local news

Ermelo-pa verloor arm in gru-ongeluk

Hennie Janse van Rensburg was op pad Carolina toe, toe die ongeluk plaas gevind het.

Terwyl die meeste parkrundeelnemers die natuurskoon van die Kralinbergh-parkrun waardeer het, het ‘n ernstige ongeluk op 9 September die vreugde van ‘n Saterdagoggend in ‘n nagmerrie laat ontaard.

Die bestuurder van ‘n Ford-bakkie, Hennie Janse van Rensburg, het sy regterarm in ‘n grusame ongeluk naby die Kralinbergh Gastehuis verloor.

Die voorval het plaasgevind toe Janse van Rensburg Saterdagoggend op pad Carolina toe was. Soos baie ander bestuurders het hy met sy elmboog by die venster uit gerus.

Die bestuurder van ‘n vragmotor op pad Ermelo toe het opgemerk dat Janse van Rensburg se bakkie oor die pad swenk, en het probeer om sy voertuig van die pad af te stuur om ‘n botsing te vermy.

Die bakkie waarmee Janse van Rensburg mee in ’n ongeluk betrokke was.

Die impak daarvan was onafwendbaar, en Janse van Rensburg se arm het tussen die bakkie en die vragmotor beland.

Die impak was so groot dat die bakkie na die kant toe geslinger en teen ‘n boom beland het. Nooddienste moes die bane sluit omdat daar ‘n stuk van Janse van Rensburg se arm op die pad gelê het.

Verskeie nooddienste is na die toneel ontbied, insluitende Msukaligwa se brandweer- en reddingsdienste, ER24, die provinsiale ambulansdiens, die polisie, die verkeersdepartement en insleepdienste. Die bestuurder van die vragmotor is ongeskonde.

ALSO READ: Accident on Breyten road leaves driver critically injured

Die goeie nuus is dat hy tans stabiel en aan die herstel is.

Hy is volgens sy gesin ‘n Liefdevolle pa van twee jong kinders, en sy familie en vriende is dankbaar dat hy nog lewe.

As jy wil bydra om Hennie en sy gesin te ondersteun, kan jy ‘n bydrae maak deur die volgende bankbesonderhede te gebruik: Bank: Capitec-spaarrekening, rekeningnaam: Hennie Janse van Rensburg, rekeningnommer: 1353402930, verwysing: HennieHulp.

Lees die volledige berig in die week se Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button