Local news

Baba Haylie van Ermelo word deur ouers as wonderwerkbabatjie beskou

Hulle het gesê dat hul baie dankbaar is teenoor die personeel van die Ermelo Provinsiale Hospitaal waar Haylie tans behandel word.

Ermelo – Baba Haylie, wat op 4 Januarie op die ouderdom van sewe maande gebore is en slegs 730g geweeg het, word deur haar ouers, Werner en Petro Bosch, as ‘n wonderwerkbabatjie beskou.

Petro het voor Haylie se geboorte ‘n miskraam gehad, wat die Bosch-egpaar diepbedroef gelaat het.

Volgens die Bosche meen dokters dat Haylie se longe redelik sterk en sy ‘n regte vegtertjie is.

Hulle het gesê dat hul baie dankbaar is teenoor die personeel van die Ermelo Provinsiale Hospitaal – waar Haylie tans behandel word – vir die ondersteuning en goeie sorg.

Haylie sal volgens haar ouers byna twee maande in die hospitaal moet bly totdat sy gesond genoeg is, om ontslaan te word.

Die familie het egter die Ermelo Care Bears om dringende hulp genader.

Die gesin ondervind tans finansiële uitdagings en volgens Juliet Basson van dié liefdadigheidsorganisasie, het hulle onder andere, doeke, babamelk en ’n stootwaentjie vir Haylie nodig.

“Ongelukkig blyk dit dat die taak op hande tans uiters moeilik vir hierdie gesin is wat finansieël swaarkry,” het Basson gesê.

Volgens haar, probeer Werner die pot aan die kook hou siende Petro ook tans in die hospitaal met bloeddrukverwante-kwale opgeneem is.

“Ons vra die Ermelo-gemeenskap om asseblief ‘n helpende hand by te sit, aangesien die familie dit regtig benodig. Daar is nood vir prem-melk, prem-doeke, reukvrye klamlappies (wet wipes), badroom, boudjie salf en klere vir Haylie.”

Sy het gesê dat hulle ook vir Petro graag nuwe slaapklere, toiletware, versnaperings en etes by die hospitaal sal wil aanskaf.

Enigiemand wat die gesin op enige manier wil bystaan, kan Silvija Breytenbach by 082 905 7272 of Juliet Basson by 060 905 7150 kontak.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button