CrimeNews

Inwoners maak beswaar teen jong motorfietsryers by Veltmanpark

Vierwielmotorfietse mag volgens die Wet op Nasionale padverkeer 93 van1996, nie gelisensieer word nie en dus glad nie op openbare paaie gebruik word nie.

ERMELO – Inwoners naby die Veltmanpark in De Bruinpark het onlangs hul frustrasie teenoor jong motorfietsryers wat beweerdelik in die park rond jaag, uitgespreek.

Volgens een van die inwoners jaag die kinders met hul twee- en vierwielmotorfietse in die straat af, en hy sê hy vrees die dag wanneer een van hulle nie betyds kan stop nie.

Hy noem dat die ryers, wat glo tieners is, roekeloos is en nie die gevare besef waarin hulle hulself en ander – veral kinders, in plaas nie.

“Daar is baie geld spandeer om die park te restoureer om vir kinders ’n plek te bied om net weer kind te wees, maar nou word hulle verjaag deur die motorfietsryers,” het die inwoner gesê.

Hy sê daar is borde in die park opgerig wat duidelik wys dat geen motorfietse op die terrein toegelaat word nie, maar dit blyk asof die ryers hulle nie daaraan steur nie.

Borde in die park wat opgerig is om aan te dui dat geen motorfietse op die terrein toegelaat word nie.

Vierwielmotorfietse mag volgens die Wet op Nasionale Padverkeer 93 van1996, nie gelisensieer word nie en dus glad nie op openbare paaie gebruik word nie.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button