Local newsNews

Hond wat in stormwaterpyp in Ermelo vasgekeer is, gered

Sy het gesê dat ’n gedeelte van 'n stormwaterpyp ineengestort het, en dat daar ’n motorband by die gat ingedruk is.

ERMELO – ’n Inwoner het op 5 April ’n beroep op sosiale media gedoen om ’n hond wat in ’n stormwaterpyp vasgekeer was, te help.

Volgens me. Megan Schoeman van Ermelo True Rescue, het haar man, mnr. Rhyno du Preez, hom na die toneel op die kruising van Ennis- en Naudéstraat gehaas.

Sy het gesê dat ’n gedeelte van ‘n stormwaterpyp ineengestort het, en dat daar ’n motorband by die gat ingedruk is.

ALSO READ: UPDATE: Man that collapsed on sidewalk in front of Ermelo car dealership was stabbed

Hul vermoed dit was ook die rede waarom die hond nie uit die pyp kon kom nie.

Na die vinnige reddingspoging, het die lede van Ermelo True Rescue vasgestel dat die dier goed versorg is, en hulle het verskeie boodskappe gestuur om die hond se eienaars op te spoor.

“Ons moet vir vier dae adverteer om hulle te kry, voor ons hom mag laat aanneem,” het me. Schoeman gesê.

’n Weldoener het aangebied om die hond ’n tydelike tuiste te bied, terwyl die soektog na sy eienaars geloods is.

Lees meer hieroor in die volgende Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button