Heidelberg Rugbyklub wen stryd

HEIDELBERG – Heidelberg Rugbyklub het hul teenstaanders oorwin in die stryd.

Die Heidelberg Rugbyklub het op 22 Mei in hul eerste liga-wedstryd van die seisoen teen Edenvale uitgedraf en die wedstryd met ’n eindtelling van 22-19 gewen.

Die wedstryd het op Hoër Volkskool se rugbyveld plaasgevind.

Edenvale Rugbyklub het vroeg reeds in die wedstryd hul eerste drie gaan druk, maar die spelers van Heidelberg het kort hierna die stand van dinge begin verander.

Weens disipline moes Heidelberg egter vir 20 minute die stryd aandurf met slegs 14 spelers en hul teenstaanders het die geleentheid gebruik om twee drieë te gaan druk.

Heidelberg se spelers kon dit steeds vermag om die telling om te swaai en kon teen die einde van die stryd as oorwinnaars van die veld af stap.

Die spelers wat punte aanteken het is Cornelius Kok, Jason van Jaarsveld, Bongi Ntuli en Ruaan Viljoen.

Exit mobile version