EntertainmentLifestyle

Besoek The Liquid Muse vir watertand-disse

Skemerkelkies rond ‘n heerlike ete by The Liquid Muse in Nigel af.

Die nuwe eet- en kuierplek het op 1 Maart sy deure oopgemaak en soos mede-eienaar Chantel Rae verduidelik, is dit hul doelwit om by die nuutopgeknapte perseel alle kliënte tuis te laat voel.

Of dit nou ‘n watertand “basket” of ‘n 250g hamburger is (beide items op die spyskaart word tans met ‘n gratis SAB produk aangebied) is The Liquid Muse in ‘n klas van sy eie. Die restaurant in Hendrik Verwoerdstraat  is veral trots op die moeite wat hulle met die voorbereiding van hul disse doen.

Also read -> Plaaslike konings van kitskos gedurende April op die kassie

Alle souse word byvoorbeeld met vars produkte vervaardig en porsies is van so ‘n aard dat dit elke honger sal stil. The Liquid Muse leen hom ook tot funksies aangesien daar duidelike skeiding tussen die kroeg- en restaurant areas is.

Rae meen The Liquid Muse is ‘n plek waar elke inwoner in ‘n vriendelike atmosfeer kan eet en kuier tot die hane kraai.

Vir meer inligting, of om ‘n bespreking te maak, kan sy by 071 344 8833 geskakel word.

 

Volg ons op:

 

Related Articles

Back to top button