Mediaverklaring: Studies kan resessie teenwerk

Alhoewel Suid-Afrika in ʼn tegniese resessie verkeer is dit nodig dat langtermynbesluite geneem word wat die ekonomiese skade so klein as moontlik maak.

Mediaverklaring: 30 Oktober 2018 – Studies kan resessie teenwerk

Alhoewel Suid-Afrika in ʼn tegniese resessie verkeer is dit nodig dat langtermynbesluite geneem word wat die ekonomiese skade so klein as moontlik maak. Met die werkloosheidssyfer wat in 2018 oor die 6 miljoen[1] strek is dit belangrik om naskoolse studies te voltooi om ʼn beter kans te staan om jouself te posisioneer om ʼn goeie werk te verkry.

“Daar is ʼn algemene tendens om tydens resessietyd korttermynbesluite te neem as tydelike remedie om met finansies uit te kom. Wanneer die ekonomie druk, is dit juis belangrik om stroomop te dink en ʼn hoëronderwyskwalifikasie te voltooi,” verduidelik Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia.

In Suid-Afrika is daar verskeie opsies wat individue kan oorweeg om só ʼn kwalifikasie te voltooi. Die beskikbare moontlikhede hang af van elke individu se behoefte. By Akademia kan studente in Afrikaans studeer, terwyl hulle werk. “Die voordeel van hierdie manier van studeer is dat studente ʼn inkomstestroom kan verdien, wat die finansiële impak van studies teenwerk. Boonop vaar werkende studente dikwels beter omdat hulle dit wat hulle geleer het prakties in die werksplek toepas,” meen Visser. “Afgestudeerdes het dan ook reeds werkservaring opgedoen, wat hulle van ander kandidate met soortgelyke kwalifikasies onderskei.”

Visser deel praktiese punte om te oorweeg wanneer naskoolse studies oorweeg word:

“Daar is verskeie eksterne faktore van ʼn resessie waaroor ons nie beheer het nie. Ons het wel beheer oor hoe ons onsself vir die werksplek posisioneer. ʼn Hoëronderwyskwalifikasie verbreed jou aanpasbaarheid en ontginbare geleenthede in hierdie tye,” sê Visser.

Maak kennis met Akademia se programaanbod en onderrigleermodel deur www.akademia.ac.za te besoek. Akademia se aansoeke vir studies in 2019 is nog oop.

Volg ons op:

          

Facebook      Twitter

Exit mobile version