Sport

Volkies klop Dr Malan in krieket finaal

Volkies was bobaas in 'n riller wedstryd.

Hoër Volkskool se eerste krieketspan het op 12 Oktober in die Sedibeng hoërskole finaal teen Dr Malan Hoërskool te staan gekom.

Dr Malan het eerste gekolf en het 311 lopies vir agt paaltjies in 50 boulbeurte aangeteken.

Volkskool op hulle beurt het 318 lopies vir nege paaltjies aangeteken.

Volkskool het die wedstryd met een paaltjie gewen en daarby as Sedibeng wenners gekroon.

Volkskool se top presteerders was:

Boul ster: Dave Pelzer 3/33 in 10 boulbeurte.

Kolwers: Biehan Wepener 56, Dandre Louw 58 en Jaco Botha 58.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button