Sport

Nigel voer botoon oor Meyerton

Nigel versterk hul posisie op die Merlin punteleer.

Nigel Rugbyklub het op 22 Junie teen die huidige kampioene van die Merlin Liga, naamlik die Meyerton Knights te staan gekom.

Nigel se eerstes het die wedstryd 22-15 gewen en is saam met die tweede span tans in eerste plek op die Merlin punteleer.

Dit was ‘n klipharde wedstryd waar beide spanne nie ‘n duim wou gee nie en moes veg vir elke punt.

Dit het by tye gelyk of Nigel die wedstryd vinniger wou speel as wat Meyerton toegelaat het.

Meyerton op hulle beurt die bal probeer doodmaak sodat Nigel se gevaarlike agterlyn nie aan die gang kon kom nie.

Met halftyd het Nigel 13-10 voorgeloop.

Nigel se eerstes het twee drieë gedruk en vier strafdoele in punte omgesit vir hulle 22 punte terwyl Meyerton op hulle beurt drie drieë aangeteken het.

Nigel se speler van die wedstryd was Frikkie Jansen.

Nigel se tweedes het met 25-10 baasgespeel oor Meyerton se naasbeste span.

Halftyd was Nigel alreeds 13 – 5 voor.

Nigel het vier drieë gedruk, een en met ‘n vervyfskop en een strafdoel geslaag. Hulle het twee drieë in elke helfte gedruk.

Meyerton het een drie in elke helfte gedruk.

Nigel kon veel verder gewen het maar het by tye baie los gespeel wat baie hanteerfoute veroorsaak het.

Nigel se tweede span speler van die wedstryd was George Fritz.

Nigel se volgende wedstryd is op 29 Junie wanneer hulle die plaaslike derby teen Heidelberg Rugbyklub op die John Vorster Stadion speel.

Die daaropvolgende naweek, 6 Julie, speel die twee spanne weer teen mekaar op Volkskool se veld in Heidelberg.

Die wedstryde begin reeds om 08:00 wanneer John Vorster Hoërskool teen Springs Jeug Rugbyklub te staan kom.

Daar sal vier wedstryde wees (o14, o15 en o16) en om 11:50 speel John Vorster se eerstes teen hul tweede span.

Om 13:15 speel Nigel se derdes teen die IPL Rhinos.

Nigel se tweedes skop om 14.40 af teen Heidelberg se tweedes en om 16:00 draf Nigel eerste span teen Heidelberg se eerstes op die veld.

Related Articles

 
Back to top button