Sport

Top atletiek opgedis by Volkskool

Drie van die Volkskool se atlete het goed gevaar tydens die interhoër.

Die Hoër Volkskool het op 17 Februarie gasheer gespeel vir die jaarlikse interhoër atletiek byeenkoms.

Die TWK Hoëveld interhoër was vir die eerste keer op Volkskool se atletiek baan beslis.

Volkskool se hoofleiers Matthew Wentzel en Hester Rossouw tesame met Volkies se skoolhoof Sias Botha het die atlete en ondersteuners verwelkom.

Tydens die byeenkoms was talle goeie tye, afstande en hoogtes behaal.

Drie Volkie atlete het uitstekend gevaar tydens die byeenkoms.

Noa Froneman is aangewys as beste junior dogters atleet en junior Victrix Ludorum, Janco Coetzer is beste senior seuns atleet en Christiaan Smuts was die beste seuns senior middel- en langafstandatleet.

Volkskool se seuns was algeheel tweede en dogters algeheel derde.

Related Articles

Back to top button