Sport

Toewyding laat vegters goed presteer

Carstens het in sy tweede geveg 'n besering opgedoen en kon nie verder meeding nie.

Vier vegters van Ability Academy het aan die laaste kompetisie van die jaar deel geneem.

William Roos, Elias Roos, Arno Carstens en Sebastian Ferreira het op 2 en 3 Desember aan die Submission Kings/Queens en Kids 12 – No Gi by die Walter Sisulu Saal in Randburg meegeding.

William Roos het uitstekend gevaar en is met ‘n silwer medalje beloon vir sy tweede plek.

Elias Roos het algeheel vierde geëindig en Sebastian Ferreira het ‘n vyfde plek behaal. Ferreira het sy junior afdeling verander op die dag en het in die senior afdeling meegeding.

Carstens het in sy tweede geveg ‘n besering opgedoen en kon nie verder meeding nie.

“Ek is baie trots op my studente wat elke keer uit hul pad gaan en hulle beste by elke toernooi gee,” het Ability Academy se afrigter, Stefan Pretorius gesê.

Related Articles

Back to top button