Sport

Dorp is Volkies se wenners

Dorp Span verdedig suksesvol hulle titel.

Die Hoër Volkskool het die afgelope week al die finale kragmetings vir hulle jaarlikse wedywering tussen die Dorp en Koshuis afgehandel.

In rugby asook skaak het Dorp die beker ingepalm.

In die tennis en golf was die Brakke baas.

Vroeër die jaar het Dorp ook die krieket- en netbalbekers gewen.

In die laaste kragmeting tussen die spanne was die hokkiespanne in aksie.

Die Brakke (Koshuis) se hokkiespanne het die botoon in al die meisies sowel as die seunswedstryde gevoer.

Die algehele wenner was die Dorp span met hulle goeie sport uitslae deur die jaar en daardeur het hulle suksesvol die titel verdedig wat hulle in 2022 verower het.

Die Brakke se seuns hokkiespan.
Die Koshuis Brakke se tennisspan.
Sias Botha (hoof) handig die trofee oor aan Neels de Villiers na afloop van die hokkie wedstryde.
Die Koshuis Brakke se meisies hokkiespan.
Die Dorp se skaakspan.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button