Volkie Terrors speel ‘n derde plek los

Volkies vaar goed in die SA Fast5 toernooi.

Die Hoër Volkskool se o15 Volkie Terrors het gedurende die vakansie aan die SA Skole se Fast5 netbaltoernooi te Hoërskool Florida deelgeneem.

Na afloop van die toernooi het die Terrors die eer gehad om in die top drie geplaas te word.

Spanne van regoor Suid-Afrika het aan die toernooi deelgeneem.

Die wenner van die toernooi was Durbanville, met Monument Hoërskool in die tweede plek en Volkskool derde.

Die ander skole in die top agt was Paarl Gimnasium, Framesby, Generaal Hertzog, Pietersburg en Hopetown.

Exit mobile version