Rabbitohs spring met ‘n oorwinning weg

Rabbitohs het maklk met hul opponente afgereken.

Nigel Rabbitohs Rugby Liga Klub het op 30 September hulle eerste vriendskaplike wedstryd van die seisoen gespeel.

Rabbitohs het in die wedstryd teen St. Helena’s Vultures te staan gekom op Elsburg Rugby Klub se veld.

Rabbitohs was veels te sterk vir St. Helena’s Vultures en het die wedstryd 46-24 gewen.

Die speler van die wedstryd was Johan Wessels.

Speler van die wedstryd: Johan Wessels. Foto: Charlize Lourens

Enige person wat by die spel en klub betrokke wil word, kontak gerus vir Marcelle Viljoen op 083 306 5753.

Exit mobile version