Sport
Volkie o15 spanne bring goud huistoe
Volkskool se sport spanne vaar uitstekend op die baan en veld.
Die Hoër Volkskool se netbal- en rugby blitsspanne het hulself die afgelope week goed van hul taak gekwyt.
Netbal:
Volkies het aan die Fast Five by Hoërskool Florida deelgeneem.
Die o15 Fast Five-span het goud gewen nadat hulle in die finaal teen die Hoërskool Monument te staan gekom het en gewen het. Die eindtelling was Volkskool was 28 – 18.
Rugby:
Volkskool het verskeie spanne gehad wat aan ‘n sewes rugbytoernooi by die Hoërskool Hugenote in Springs deelgeneem het.
Volkies se o15 sewes-span het in die finaal teen Noordheuwel te staan gekom. Die eindtelling was Volkskool 34 – Noordheuwel 0.