Sport

Heidelberg rugby verseker ‘n tuis semi-finaal

Berge sorg vir 'n drieë fees.

Heidelberg Rugbyklub het in hul voorlaaste liga wedstryd in die Kestrel reeks op 8 Julie teen Tsakane te staan gekom.

Die wedstryd was op Hoër Volkskool se veld beslis.

Vir Tsakane moes dit voel of die berge hul op kere wou insluk want van meet af het die Berge die bal lug gegee en van elke hoek van die veld gehardloop.

Heidelberg op die aanval.

Die eindtelling was 97-7 in Heidelberg se guns.

Die drieë het een op die ander gereën en Tsakane se doellyn was met willekeur oorgesteek. In die eerste helfte het Heidelberg nege drieë ingeryg met agt geslaagde doelskoppe.

Die halftyd telling was 61-0 gewees.

‘n Stormramlopie deur Heidelberg.

In die tweede helfte het Heidelberg nog ses verdere drieë gedruk, en drie vervyfskoppe wat geslaagd was.
Tsakane het een troos drie gedruk was vervyf was.

Weens die groot punteverskil is die wedstryd 20 minute voor die einde gestop ‘n Pluimpie in Tsakane se hoed is dat hul deurweg probeer het en nie eenkeer moed opgegee het nie. Elke keer wat hulle aan die bal geraak het, het hul hul bes probeer om die beste van die saak te maak.

Roaan Viljoen op die aanval.

Die speler van die wedstryd, Jason van Jaarsveld, het amok gemaak op die telbord.

Van Jaarsveld het ses drieë gedruk. Sy persoonlike bydrae vir die dag was 48 punte gewees.

Bonhgi Ntuli druk sy drie.

Heidelberg se punte was aangeteken deur:

Drieë: Roaan Viljoen, JJ Snyders, Brennan Ryan, Neels Pruis, Morné van der Sandt, Armand Wessels, Bongi Ntuli, Duncan van Zyl (2) en Jason van Jaarsveld (6).

Jason van Jaarsveld druk sy eerste van ses drieë.

Doelskoppe: Jason van Jaarsveld (9), Armand Wessels (1) en Bongi Ntuli (1)
Jason van Jaarsveld was die speler van die wedstryd.

Heidelberg se volgende wedstryd is 15 Julie teen Katlehong op Katlehong se veld. Heidelberg het reeds gekwalifiseer vir die halfeind wat op 29 Julie op Volkskool se veld gespeel sal word.

Skeidsregter Hendrik Wessels, Brennan Ryan (driedrukker) en Jason van Jaarsveld.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button